Kunstenaars
Jezelle
Jezelle het bekendheid verwerf deur haar musiekvideo’s wat vir groot opwinding gesorg het. Haar enkelsnit, Suidwes, se musiekvideo was ’n gunsteling onder aanhangers en jy gaan haar beslis geniet hier by die Leipoldville-fees.
Jay
Die smeulende Jay is vanjaar op die verhoog en konsertgangers kan uitsien na ou én nuwe treffers. Jay se nuutste album, Solank Sal Ek Jou Liefhê bevat treffers soos Lê Bietjie Langer.
Demi Lee Moore
Die pragtige Demi Lee Moore is verlede jaar aangewys as die eerste wenner van Die Kontrak, ’n realiteit-televisiereeks wat op ViaTV uitgesaai is. Tydens dié program het Coleske Artists Suid-Afrika se nuwe Afrikaanse musiekster gesoek. Sedert Demi Lee aangewys is, het sy een van die land se top vroulike kunstenaars geword met haar eerste album, Mis Eet Slaap Herhaal, wat reeds goue status bereik het.
Fatman
Fatman het in 2017 aan The Voice deelgeneem en sommer vinnig ’n gunsteling onder kykers geword. Alhoewel hy nie as wenner weggestap het nie, het hy ’n platekontrak ingepalm en bekoor aanhangers vandag met treffers soos Dorp Toe. maak seker jy kom sien hom in aksie hier by die Leipoldtville-fees.
Dobbelsteun
Dobbelsteun is terug by die Leipoldt Kuier. Die groep het in 2013 ontstaan, met die leuse “Geluk begin nie in Vegas nie”. Jy wil nie hierdie opwindende sanggroep mis by vanjaar se Leipoldt Kuier nie!
Bianca Willemse
Bianca is ’n bekende gesig in die streek. Jy wil nie hierdie pragtige meisie – wat reeds ’n string bewonderaars het – se optrede misloop nie!
Waar kry jy jou kaartjies?
Anders as by ander feeste, kan jy jou kaartjies sommer by die ingang van die kerk koop!
